Author Topic: Sewentig keer sewe  (Read 1831 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Sewentig keer sewe
« on: December 10, 2015, 05:31:54 AM »
Gewoonlik gaan my honde dood as gevolg van ouderdom. Maar die laaste vierjaar het dinge verander. Gisteraand het alles goed en wel gegaan tot en met half sewe.


Bertus kom roep: “Pa kom kyk daar is fout met Ounooi.”


My hart spring dadelik in my keel. Die vorige keer wat Ounooi iets makeer het was toe sy in ‘n strik beland het en met genade van Bo, die draad kon breek. Met ‘n stofstreep (letterlike stofstreep wat haar pels was dik van die stof soos sy gestoei het om van die strik af weg te kom), het sy by die huis aangekom, dadelik na Anton toe, maak hom attend op haar nek tot hy snap wat sy hom wil vertel. Die draad het al diep in haar pels gesit. Toe hy dit voel het hy dit dadelik verwyder.



Dae lank kon my skaaphond nie behoorlik eet nie. En ek dank net die Here dat Anton wat nie “hondetaal” wil of ‘n onvermoë het om honde se lyftaal te verstaan, aandag aan Ounooi gegee het en haar pels begin voel het.



Ek was woedend! Maar ek moes kalm bly. My woede omswaai na hand van vriendskap uitreik. Myself dwing om my vriendelikheid-kos-niks-vermaning uit te leef. Moet ook nie vergeet van vergewe 70 keer 7 nie. As dit nie vir Hom was nie, sou ek nie so kon doen nie.



Gisteraand was agt hande te min om drie honde PPR in te gee, blousel te rasper en met melk te meng, Die beesspuite vol PPR-water te trek, vir die honde in te gee. Die honde moet volgens prioriteit behandel word.

Ounooi het eerste tekens van vergiftiging getoon. Die eerste spuit PPR is vir haar. Anton hou haar vas en ek spuit die watermengsel bietjies gewys diep in haar mond. Moet versigtig wees dat sy nie verstik nie. Dis met die opkyk wat ek sien dat Auwie een van ons Jack Russeltjies ook gif ingekry het.



Waar ek die asem en die krag gekry het sal ek nie weet nie. My stem bulder oor die werf van die krale af tot in die kombuis waar Elizma besig is om noedelsaai te maak vir aandete. Sulke tyd voel en lyk dit vir my asof mense op eiers loop op pad uitspan se vlakte toe.



Rex die Curly hair retriever begin ook bewe terwyl die kwyl skuimtoiings by sy bek uithang. Nou is agt hande te min, twee beespuite ook. Elke hond kry ‘n beurt. Ounooi is eerste, dan Auwie want dit lyk asof hy enige oomblik gaan vrek, dan Rex en so gaan dit aan vir ‘n uur.


Intussen moet mens nog rond bel vir ‘n veearts. Die lot val op my want die ander multi task moeilik. Ek bel die buurvrou opsoek na die jong veearts se nommer. Ek moet wragtig alles twee keer herhaal want toe suck ons seinopvangs ook. Ek klink soos iemand wat pas die Comrades voluit gehardloop het. Dit bemoeilik dinge nog meer. Bel die jong veearts en geen antwoord. Nie eens ‘n spookstem nie. Bel iemand in die Buurtwag en hy kry die jong veearts se vrou vir ons in die hande. Skielik is altwee nie beskikbaar nie. Dit was altyd so dat as die een op vakansie gaan die ander een hier is. Die ander een is “hier”, hy is besig met wildvang op Hotazel. En sy selfoonseinontvangs power.



Rex is dood net voor agt gisteraand. Hy het by my kom staan en ek het sy rug en kop gevryf. Sy maag het begin werk, sy blaas het bly ledig. Skielik het sy bene jellie geword en het hy gaan lê, begin braak en die stukke slymerige seningvleis het uitgekom.


Anton hulle was besig met Auwie en Ounooi. Hulle twee moes blousel en melk ingegee word. Ek het Anton gevra om na Rex te kyk. Ek moes eers my asmapompie gebruik. Elizma het water by die krip gaan haal en my bene en voete afgespoel. Rex kon nie verhelp nie.

“Hoe gaan dit met Rex? Julle moet hom ook weer van die blousel en melk ingee, seblief” vra ek toe ek weer asem kry.


“Rex is dood.” My man se skouers ruk, my dogter is histeries, ek huil, word kwaad, my moermeter slaat verby die rooi en ek blaas my top.


Die olie en vuur meng in my. Nie ‘n goeie vermenging nie. Nie as jou lewe kalm en rustig moet verloop nie, want die tieker ...


Dis ek en die Here, ek en die kinders, ek en Anton, weer terug na die Here toe. En die vier bliksems sit vanuit die bosse na ons en kyk. Ek ruik hulle, voel hulle teenwoordigheid aan.  Ek loop bosse toe en strek my arms wyd bokant my kop uit ...


Bertus gaan grou ‘n gat want alles wat uit Rex en Ounooi en Auwie gekom het moet nou diep begrawe word. Rex sal ons vanomôre begrawe, ek en Anton.



Ons was skaars by die huis toe Kerneelsie wil uit. Hy was nie lank buite nie, want hy gaan nie na die vorige keer wat hy gif ingekry het ver van die huis af nie. Hy was nie twee minute buite nie, toe hy in kom sien ons hy het ook gif ingekry. Met ander woorde die gif moet naby die huis wees, soos in die tuin, nie verder as die blomakkers nie.



Anton vlie op en vat die flits om te gaan soek. Elizma en Bertus gee Kerneelsie PPR-water in, ek rasper weer blousel. Anton kry niks. Bertus help naderhand soek. Iemand of iets maak die perde skrik. Anton gaan kyk waarom hulle geskrik het.

Heel nag het ek vir Kerneelsie opgepas. Hy wou nie alleen wees nie. Dit was verskriklik om te hoor hoe hy roggel en sukkel om asem te kry, te sien hoe sy lyfie inmekaar trek van die pyn.


Sewentien minute voor vier vanmôre is Kerneelsie dood. Sy tinger lyfie kon nie nog ‘n keer Temic verwerk nie. Hy is vyf jaar terug op my verjaarsdag gebore. Hy was Anton se derde nier.

Die afgelope twee weke wat die honde snags aanmekaar knor en blaf en Ounooi die skaapkraal wil omkeer, maak nou sin.



Dis nou vyfuur. Die dag het gebreek. Die vleiloerie roep voor my venter in die boom ...



©Orange Blue






©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sewentig keer sewe
« Reply #1 on: December 10, 2015, 06:51:35 AM »
 :crybaby2: Ek het nie woorde mater.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Sewentig keer sewe
« Reply #2 on: December 10, 2015, 12:03:02 PM »
Snot en trane loop!  Ek is so jammer.   :crybaby2:
Dit is genoeg om 'n mens te laat moord pleeg, nevermind 70X7!  :mumum:

Daardie diere is/was soos 'n mens se eie kinders!  Dit is 'n skande!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Sewentig keer sewe
« Reply #3 on: December 10, 2015, 12:16:19 PM »
Dankie Meraai, PM. My wimpers plak van die trane aanmekaar vas.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Sewentig keer sewe
« Reply #4 on: December 10, 2015, 12:22:11 PM »
Al wat ons kan bied is 'n paar omgeedrukkies matertjie. 
Het julle toe enige gif opgespoor?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Sewentig keer sewe
« Reply #5 on: December 10, 2015, 12:39:48 PM »
Nee Meraai, niks verder gif gekry nie. Miskien het die viertjies alles opge:eet gisteraand. Ons hoop so. Vandag bly almal gevange in die huis.
Upington is nie vir sissies nie.