Randall
Swaar om afskeid te neem,
as die hamer se stem
verstil,
in jou hand bly koper ongeplet,
die kole hul rooirokke swaai,
wanneer die blaasbalk sy asem oor hul waai.
jou hartlam in 'n songeel rok,
lippe rooi granaat verklap haar hart se aard,
wimpers blink gedou,
as die nag sy mantel om haar geliefde vou.
jou vader 'n dopper
so ook jy,
met kakiehemp en beesvelbroek,
jou woorde drup in harte
uit soet heuningkoek.
die oggendstond sluip nader,
die afskeid onkeerbaar,
ek sou kon wens
dat hy jou lewe verleng,
om jou hartlam se onthalwe.
die blaasvlam rus,
by kole dood gesus,
o jou hart se lam
dans met haar rooi rok,
die dans van jou aardse reis.
jy klim uit khakihemp en beesvelbroek,
in nuwe gewaad
met koper wandelstaf,
vee jy oor jou baard as jy groet.
jou oë vertel
liefde is die kleur van granaat,
jou lippe belowe
liefde soeter as heuningkoek,
jou arms wys
uit liefde het hemelse vrede verrys,
ligvoets jou voeteval
oor kalahari-duine dal,
laag het jy voor die here gebuig,
'n gemsbokram wie se dag verbygaan,
in eerbied laat hy sy sierlike horings sak.
©Orange Blue
*gedeeltes van sy lirieke hierin vervat.