• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

1 November 2015

Started by Meraai vannie Baai, November 01, 2015, 11:59:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Goeie naand en goeie middag  :toothy4: Hoop julle naweek was rustig en wat jy ook al gedoen het of nog gaan doen, 'n plesier was/is. Ons het die voorreg gehad om bederf te word met Meisiekind en ons klein Ausie-cowboy se kuiertjie hier. My hart gaan uit na die oumas en oupas wat ver woon of deur omstandighede verhinder word om hulle hartspunte gereeld te sien. Vandat ons jongste en sy gesin verhuis het na Amerika tel ons die seeninge van tegnologiese vooruitgang elke keer as ons hulle kan sien en hoor op die skerms. Vir die res van ons gesin is dit nog moontlik om 'n kuiertjie in te smokkel oor 'n naweek  :notworthy:

Nou ja. Ek het darem ingeloer hier en nou is ons oppad 'kooi' toe. Gaan julle goed. Liefde. Ekke.  :wave:

Fransi


PM

Tegnologie red ons stêre op baie maniere nê.  Ek staan nog verstom as ek sien watter wonderlike tegnologie vandag toegepas word in vergelyking met die my lewe op die plaas waar daar geen krag af water uit krane was nie.  Die strykyster!  Die koolstoof en die ou asfalt yskassie onder die boom.  O ja, en die long drop!  Wonderlik!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Baie keer gedink wat sou my ouma gese het as sy vandag nog gelewe het PM. Nou krap ek kop.... moet hier nou 'n vraagteken agter hierdie sin kom of nie?

PM

Nee Nooi, jy maak 'n stelling, vra nie 'n vraag nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Twopsies Ta Raaitjie:
1)  Baie keer gedink; "Wat sou my ouma gese het as sy vandag nog gelewe het?"
of
2)  Baie keer gedink wat my ouma sou gese het as sy vandag nog gelewe het.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas kan nie net Afrikaans praat nie, hy kan dit ook skryf!   :love7:

Ek sien al hoe meer mense skryf 'n komma voor en.  Wanneer kan jy wel 'n komma gebruik voor en?
Om te weet is om te verstaan.