Ons jongste seun eet niks deur die dag nie en in die aand of meestal snags as hy tuis kom na lang ure op kantoor, eet hy enigste maaltyd vir die dag. Ek het hom menige kere probeer oorreed om liewers ietsie deur die dag ook te eet aangesien hy homself uithonger. Dan wys hy na sy magie en se dink moek nie ek is al klaar te rond nie? Wat sal gebeur as ek NOG eet? Of dit nou
starving mode is wat sy liggaam aan't toepas is wis ek nie maar dat hy gesondrond bly, is 'n feit
Meisiekind se wederhelf wat net sulke lang ure werk, het presies dieselfde probleem! Hy is soms te moeg om te eet as hy tuis kom en dop net daar om op die bank. Nodeloos om te se hy het tweelingstryd met sy gewig as ons wat ons seun het. Skoonseun eet net baie gesonder die kere wat hy wel genoeg krag oor het om te eet, bygeskryf. Of die teorie nou die bul aan die horings beet het of die perd aan die stert, het dus in ons geval drie bene om op te staan. (Skoonseun het sy been op 19 verloor weens kanker). Ons seun gebruik geen alkohol nie, so die magie is nie bierpensie nie en skoonseun sal wan en dan 'n enkel drankie neem. Sal graag wil hoor wat ander ervaar het!