• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Distrik 6

Started by Naas, May 23, 2011, 09:32:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Naas

Soos kunstig vlinder vlerke
los jy vlugtig kleurvol spore
in die harte van jou mense

Van vervlenter kaalvoet klonkie
wat vrolik sing in die reën
tot hartseer uitset woede
was op jou verhoog gespeel.

Eenheid in die reënboog
van jou vlietende bestaan.
Skilder jy die toekomspad
waarop jou nuwe land sou gaan?

Kortstondig was jou vlinderspore
soos trane oor die wang
maar diep getrap in seer onthou
lê jy nog in lief en leed vasgevang.

Sal daar eendag uit die seer-oogvlek
teen tafelberg se hang
'n nuwe vlinderdrama
Uit die rommel op kan staan?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Gevoelvol skep jy die beelde en die emosies Naas.  Dit is uitstekend! 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Snaaks. Hierdie was vir my een van my better gedigte en net een komtaar.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

As jy nie hier kommentaar kom lewer het Naas, het ek dit helemal gemis  :crybaby2:

Marinda Kemp

Ek hoor en ruik die Kaap. Hou van jou gedigte.
Upington is nie vir sissies nie.

PM

As ek dit nie mis het nie Naas, is hierdie mooie gedig van jou ook in 'n ander gleuf geplaas.  Ek sal bietjie gaan loer.
Om te weet is om te verstaan.