• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ierland # 9 glenveagh castle

Started by AB, August 22, 2015, 08:05:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

ierland # 9 glenveagh castle

Ons is half een uit Londonderry, net betyds voor die woelerigheid begin met die winkels wat 1 uur oopmaak.

glenveagh castle is sowat 70 na 100 km ver en sowat een en half  uur se ry. Die weer was nog mooi toe ons by Derry weg is en o pad kry ons hewige donderstorm met hael en toe ons by Glenveagh aankom val die laaste paar druppels. Ons was half 3 se kant daar. Die kasteel is nog tot onlangs as vakansiehuis gebruik, die regering het dit iewers in die jare 1950 oorgeneem.
Die plek is steeds gemeubileer soos toe dit nog as huis gebruik is.














baie ryk mense wat die plek gehad het. Daar is 21 stelle eetgery en as jy vir 7 dae daar gekuier het het jy nooit 2 keer uit dieselfde stel geëet nie. Heeltemal oordadig. Daar is 15 kaggels en dit was een man se werk om dit dag en nag aan die brand te hou. # manne het 3 maande lank hout gemaak vir die kaggels.

dit was vol whiskey en die manne kon tap wanneer hulle wou.














in die badkamer











die hemelbed se doel was dat die gordyne toe getrek word om hitte binne te hou. DIe bed is met bedpan warm gemaak.















ek sien die daar teen een van die mure en dink by myself dat dit lyk nou mooi en pragtig maar iewers in die jaar gaan die muskiete die mense gevreet het dat hulle soos masel gevalle lyk.









die kasteel is nie vir verdediging gebou soos die ou kastele nie maar sommer vir windgatgeit.












kasteel tuin











al die bome is deur die eienaars aangeplant, dit was kaal vlaktes soos die res van die omgewing











kyk net hoe mooi het dit binne een uur oopgetrek
















































ons is half 5 daar weg en wil in Donagal gaan slaap om môre die kranse van 600 meter hoog langs die see te gaan kyk. Ons was al by Cliffs of Mohar, dit is 200 meter hoog.





Meraai vannie Baai


AB

geld kan nie geluk koop nie maar geld kan mooi maak.

PM

Sprokies mooi. Ek sal heel gelukkig wees in sulke weelde.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

AB

Daar was weelde in oorvloed en geen tekort aan geld nie