PM het gevra dat ek hierdie kreatiewe skryfstyl ook by ons gedigstrukture kom uitstal.
'n Sjampanje Oktaaf word geskep deur 8 gesentreerde reëls, wat kreatief minder word om 'n glas voor te stel. Die laaste reël vorm die voetstuk en dien dan ook as
eenwoordtitel van jou oktaaf.
In hierdie struktuur weerspieël sinonieme sprankelend soos die borrels in vonkelwyn.
Reël 1 is die 'rand' van jou glas en lesers vorm hier 'n beeld van die toneel wat in die lewensglas afspeel. Die handeling/werkwoord wat hier gebruik word, word in reël 2 ook in sinonieme vorm herhaal.
Vryf/poets in my voorbeeld.
In reël 2 kom 'n uitdrukking voor, met 'n verduideliking/uiteensetting daarvan in reël 3. My uitdrukking was
poer-poer en die woordeboek gee dit aan as
onproduktief.
Reël 4 is 'n saamgestelde woord, weereens as sinoniem, vir die 'voetstukwoord' (reël 8) wat dan ook die titel van jou oktaaf vorm. Hier kan die skrywer kreatief skep aan eie samestellings.
Reëls 5, 6 en 7 vorm die 'steel' van jou glas. Ek wou graag die © teken gebruik as 'n stom bewys van die reg op ons besluite om te vergewe of nie.
Voorbeeld met woorde sonder beeld
Ons vryf oor die merke van onthou
soms al poer-poer blink gepoets,
weerspieël dit onproduktief
-verbitterdstom-
met
'n
©
-onvergewendsgesind-