• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

GEMMERKOEKIES

Started by Naas, July 20, 2015, 12:48:28 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

GEMMERKOEKIES
(Lewer 4 dosyn koekies)

2 Koppies (500ml) koekmeelblom
½ Koppie (125ml) suiker
2 Teelepels fyn gemmer
Knippie sout
60g Botter of margarine
½ Koppie (125ml) goue stroop
1 Teelepel koeksoda
4 Eetlepels melk

Sit die oond aan op 180º.
Sif al die droe bestanddele saam.
Smelt dan die botter en stroop saam en voeg die koeksoda by die mengsel. Voeg dit dan saam met die droe bestanddele en meng goed.
Voeg nou net genoeg meel by om 'n stywe deeg te vorm. Knie die deeg tot 'n bal vorm.
Rol die deeg dan in klein balletjies en plaas hulle op 'n botter gesmeerde pakplaat sowat 50mm van mekaar af.
Druk balletjies met 'n vurk of lepel plat.
Bak vir sowat 10min en laat dan in die plat afkoel na dit klaar is.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

As daar nou een ding in die pandok as hoofletter gewild beskou kan word, is dit gemmerkoekies! Duisend dankies ook vir hierdie ene Naas.

Meraai vannie Baai

#2
Ons klein prinsessie het oom Naas se gemmerkoekies gemaak vandag. Ongelukkig het helfte van die stroop en botter mengsel op die grond beland met "I can do that on my own oumie!" Ek het maar laat begaan en die konkoksie is oond toe. Sy het haar magie trommeldik geeet aan die deeg en die koekies wat wel in die oond beland het, verslind voor dit nog behoorlik koud was.  






Naas

So bly sy kon dit self doen.  prysloos kosbaar.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.