Author Topic: Vlindersag  (Read 2547 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Elsabe Oosthuizen

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 52
Vlindersag
« on: July 07, 2015, 03:44:10 PM »
Sonneblomgesiggies
groet vanaf die hektaar
in geselskap van kreatiewe wolkfigure

wit     pienk     pers in kosmos pastel
soos vlinders      ritmies
in klank harmonie getel
vir die oog 'n sagte liefkosing
beeldend teen grassaad aangenestel
vrygewig     verniet

wit    pienk    pers
windmelodie     dartelend vry
'n vlugroman
teen horison geskryf

wit    pienk    pers
'n taal van liefde geraak
selfs die poësie van lentereën
kom jou hart opraap gee vlerke
vir jou alleen
  
« Last Edit: July 10, 2015, 11:28:21 AM by Elsabe Oosthuizen »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vlindersag
« Reply #1 on: July 07, 2015, 05:30:33 PM »
Pragtige woordspeling. Ek soek lirieke vir die een.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Vlindersag
« Reply #2 on: July 08, 2015, 08:25:07 AM »
Mooi mooi mooi  :love7: :notworthy:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Vlindersag
« Reply #3 on: July 08, 2015, 10:44:25 AM »
Ek sien sommer daardie mooie vlinder kosmosse.  My gunsteling blomme.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Vlindersag
« Reply #4 on: July 08, 2015, 04:49:58 PM »
Mooi geskryf Elsabe. 
Om te weet is om te verstaan.