ierland 2015 #4B noordkus
Wat vir my lekker was van die toer is dat ek nie in die oggend geweet het wat ek als gaan sien nie, nie geweet waar en wat gaan ons eet nie en nie weet waar ons vanaand gaan slaap nie. Elke oggend voor ons die pad vat het ek vir God gevra om ons veilig te lei en ook 'n slaapplek aan te wys in die aand. Elke keer was Hy getrou, soos altyd......
Ons het so entjie langs die kus gery en ek moes net stilhou om dit af te neem.
Ons is oppad na Carric a Rede's rope bridge maar ek sien toe 'n afdraaipaadjie en wil eers gaan loer hoe dit lyk. Neem toe paar kiekies daar
Van die oftos is (amper) dieslefde, al verskil is dat ek die polaroid filter gedraai het sodat dit op verskillende hoeke die sonstrale breek.
die somer het aangebreek......blou lug
ek wou so graag afstap na daardie vinger punt toe maar die tyd was te min vir wat ons nog wou doen die res van die dag. Dit sal seker 'n uur tot uur en half geneem het.
Ry toe verder na Carrick a Rede's rope bridge. Dit is by die parkeerplek afgeneem.
dit is sowat 1 km se stap en langs pad het ek paar fotos geneem
my gat het gejeuk om te duik, kyk hoe skoon en plat is die water
jammer vir die baie fotos
die vrou in die wit het gevries en gesê sy wil graag oor stap maar sy is bang. Toe seg die een in rooi ( gids) ek sal jou oorvat, kyk net in my oë en stap agter my aan. Toe werk dit.
kyk net daai pragtige blou see, en in die winter kan hy erg onbeskof raak
net om te wys ek was ook oor die brug. Die brug is 30 meter hoog en dit skrik mense af, maar of dit 10 of 30 of 100 meter hoog is, as jy daar af val is jy in elk geval dood, dalk dooier met 100 as 30 meter val.
vervolg, # 5 A Giants causeway