So met die huistoe ry vanaand sien ek 'n nurse in haar navy uitrusting. Laat my dink tot doer terug in 1972... Jinne, dis al in die vorige eeu!!
Elk geval, laat my terug dink toe ek nog 'n nursie was. Nursie, want ek was maar nog klein en jonk en kort en soooo naief.
Geen navy broekpakke nie. Nee, daai jare dra ons daai wit stokstyf gestyfde rokke met 'n stokstyf gestyfde belt. En om 'n belt om my lyfie te sit, is 'n fout.
Elk geval, ons dra daardie rokke, spierwit soggens en baie vuil en bebloed, soms, saans.
Met 'n navy cape. Rooi uitgevoer. Met twee sulke lang derms wat jy oorkruis voor jou bors en dan agter jou rug vasmaak. Myne kon nie vasmaak nie, die lyfie was te rond. En die twee buuste het soos twee mount evereste hier voor gestaan. Damn.
En 'n paar bruin skoene. En pantyhose. Altyd geleer gewees. En 'n papier hoedjie wat jy gevou het en met grips op jou kop vasgesteek het aan jou hare.
Ek doen my opleiding by die Sharley Cribb kollege in PE. En PE is die winderigste stad in SA.
As jy gedress is in jou werkers-klere, dws, cape en kappie, moet jy net vashou. Een kant die cape en met die ander hand jou kappie.
Maar ons het ook daardie tyd vals ooghare gedra. So, jy moes nog keer dat die wind nie jou valsies afwaai nie.
Dit was geen plesier met daai uitrustings nie.
Gladnie.