Fibonacci gedigstruktuur (Fib)
Die skrywer kan, ôf van lettergrepe, ôf van woorde, gebruik maak vir hierdie gedigstruktuur. Die voorbeeld maak gebruik van lettergrepe.
Die skrywer kan rym toepas maar dit is nie ‘n vereiste nie. Gewoonlig rym die laaste lettergrepe van versreëls met mekaar.
Die gedig begin met een lettergreep (of woord) in die eerste versreël en dan weer een lettergreep (of woord) in die volgende versreël, dan word dit stelsematig meer en meer.
Die skrywer kan self besluit uit hoeveel versreëls die gedig bestaan, maar dit is gewoonlik nie korter as 8 versreëls nie.
Hier is die uitleg vir die aantal lettergrepe in elke volgende versreël:
1 1 2 3 5 8 13 21 34 55 89 144 233 377 610 987 1597 2584 4181 6765 10946
Voorbeeld:
Dankie
1 Dit
1 is
2 tóg so,
3 toentertyd,
5 toe ek ‘n kind was,
8 het ek sorgeloos rondgewals.
13 Geen besef van geld en kos of klere aan my bas.
21 In die sweet van hul aanskyn het my ouers in meer as al my behoeftes voorsien.
34 Ag, hoe verlang ek nou, met ‘n passie, terug na daardie wonderlike, sorgelose dae in my liefdevolle ouerhuis.