Author Topic: Die meghefter is 'loadshedding' se moses  (Read 4290 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Die meghefter is 'loadshedding' se moses
« on: March 07, 2015, 04:59:43 AM »
Gestook met 'n paar stokkies en handjievol kole is die "Ecozoom versa"
'n boffin stofie! Jy laai hom een maal en daarna gaan hy aan op sy eie
terwyl jy heerlik kuier om 'n glasie. Verkoop hier by ons vir $150.



Ons was verstom oor hoe vinnig dit die uie en vleis gebraai het.
As jy net vleis wou maak kon jy binne 'n half uur vandat die stofie
aan die brand gesteek was, eet. Ons noem die dis: Stokkies Tjoppies.



Ideaal vir potjie ook. Na die kos gaar was het Outop dit binnetoe geneem
en na vier ure was dit nog steeds stomend warm.



Maak ook die heerlikste Butter Chicken!

 






« Last Edit: March 07, 2015, 06:14:42 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Die meghefter is 'loadshedding' se moses
« Reply #1 on: March 08, 2015, 12:29:12 PM »
Dit sal uitstekend werk hier in Leeupoort waar beurtkrag tussen 6 en nege is saans. 

EN 'n pot  EN  'n wok!   :hello2:  EN  'n verwarmer in die winter.  Wat wil 'n mens dan meer?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die meghefter is 'loadshedding' se moses
« Reply #2 on: March 09, 2015, 05:49:37 PM »
http://www.sunfire.co.za/store/rocket-fuel-efficient-stoveecozoom/
Fantastiese stofie.
En gladnie so 'n duur ding.  Dit is 'n uitstekende eco-friendly stofie en ek glo dit kan baie goed in die townships werk.  Nie so baie charcoal wat gebruik word en Eishkom sal weer baie meer geld he vir bonusse as daar nie so baie spinne-webbe oor die paaie hang. Sien.
Dit sal nie vir my werk in die woonstel nie.  Hulle sal my buite op straat uitgooi.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die meghefter is 'loadshedding' se moses
« Reply #3 on: March 10, 2015, 06:07:38 AM »
Letterlik net 'n handjievol kole wat aanhou hitte gee vir ure! Vir my is braaivleisvuur met die rook 'n nagmerrie. Die ou stofie kan ek heerlik saam met Outop buite kuier.