Author Topic: Die donker skaduwee  (Read 1717 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Elsabe Oosthuizen

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 52
Die donker skaduwee
« on: July 14, 2014, 03:24:31 PM »
Jy is geskep
gene chromosome
delikaat   volmaakte wese
in die moederskoot
elke nodige detail verweef
gees siel en liggaam
die mens   skepsel van God
met soveel oneindige liefde saam verbind

jou lewensverhaal ontvou
en dit gaan goed

     Maar dan

'n donker skaduwee
kom skielik onverhoeds
jou hele liggaam skree

     oppas  

'n onvolmaakte wêreld
soveel seer   pyn   leed
wat lewens verswelg
betrap   onverhoeds
siek  lewens vernietigend   fisiek

Party wil graag help   vergoed
Jy bou liewer 'n skandsmuur
niemand moet sien
die kitsoplossing
moet ek dit verdien

Wat is jy werd
geen toekoms
die stryd   lig of duisternis
die gees   die werklikheid
jou verwysingsraamwerk net vrees
     besluite   keuses
net die vyand se slinkshede
die vernieler van die mens
sy wapen so   slu
spin sy web van leuens   so subtiel

'n nagmerrie manifesteer
statistieke wys depressie
stemme   vrae
wie is korrek
wie moet ek glo

Veeleisend   verwoesting
Rondom jou 'n vuur wat gluur
Is daar enige kuur
So moeg om alles te verduur
'n donker draaikolk van geweld
dit wil jou verswelg

``O Here help''

die geveg word stil

Sy lig breek saggies deur
``My kind neem My hand
Ek sal jou nooit, ooit verpant''
« Last Edit: July 15, 2014, 12:04:57 PM by Elsabe Oosthuizen »

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die donker skaduwee
« Reply #1 on: August 05, 2014, 10:55:36 AM »
'n Swaar gedig om te lees. Maar hoe goed ken elke ouer nie die inhoud van hierdie gedig nie. Baie goed gedoen.