'n Koue staalgrys gesig
stuur 'n ontstuimige boodskap uitdagend terug
saamgepersde pers-blou wolke
afwisselend met donderslae van veraf bewus
'n rustelose gejaagdheid
vind voetgangers   motors
almal skielik oppad
huis toe   skuiling soek
     ongeduld
niemand wil wag
bome skud gretig hul laaste winteroorblyfsels af
wind      'n haastige ongedierte
vermeng stof     blaar     pers jakarandas
in genadelose slierte
slingerend in hulpelose figure
strate se advertensie naamborde
staan sterk teenoor bouperseelhyskrane
vorm 'n aksentuasie van die onweers-grynslag
die spruit-kroteske Wilgers
swaar in somervrag
     word onverskillig
heen en weer geslinger
eerste oorywerige druppels
plons     gretig neer
donderslae     blitse
meng in harmonie-simfonie
die eerste somerreën
     wat 'n welkome gesig!