Author Topic: skaaf weer aan hierdie een  (Read 3420 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
skaaf weer aan hierdie een
« on: August 07, 2012, 08:38:37 AM »
 :hello:

« Last Edit: June 18, 2014, 11:22:21 AM by Fransi »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Ingrid Jonker (Boek 2)
« Reply #1 on: August 07, 2012, 04:07:52 PM »
Slegs iemand wat woorde kan voel en beleef kan so skryf.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ingrid Jonker (Boek 2)
« Reply #2 on: August 07, 2012, 04:56:33 PM »
 :hello:

Baie baie dankie PM. Jy het my nou tranerig met jou mooi woorde. Baie dankie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Ingrid Jonker (Boek 2)
« Reply #3 on: August 07, 2012, 07:57:49 PM »
Ag, dit is tog maar net die waarheid.  Soms glip die regte woorde so by my verby, maar as ek dit weer moet gaan opdiep is dit net weg, soos gister se "pay".   :icon_biggrin:
'n Mens moet 'n "verhouding" hê met woorde, en hier is 'n hele paar van my matertjies wat dit het.  Dan kan ek myself tog so inleef in hul liefdesverhouding daarmee!  Ek is ook so dankbaar dat ek deel daarvan kan wees.  Ek wens julle kon besef hoe ongelooflik bevoorreg ek is om julle woordskatte te deel.  Vir my is dit net een groot plesier!
Raaitjie het my ook al dikwels tot stilstand geroep.  Sy het werklik die vermoë om diep te kyk en my te help om ook so te doen. 
Ek is verlore sonder julle!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ingrid Jonker (Boek 2)
« Reply #4 on: August 08, 2012, 08:15:57 AM »
Dankie PM. Ja, Meraai was die persoon wat my destyds op Woes so geïnspireer het met haar werk en die verskillende digstrukture dat ek by die forum daar begin te inloer het en meer wou weet en leer. Sy , die Boksemdais-bundel mensies  en die mensies hier het werklik wat die digkuns aanbetref 'n baie groot invloed op my gehad en het dit steeds.  :love7:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ingrid Jonker (Boek 2)
« Reply #5 on: August 10, 2012, 06:49:32 AM »
Dit is sooooo pragtig. Woorde ontbreek om die plesier wat dit my verskaf het, neer te pen. So dankbaar dat ons griffels mekaar kan inspireer  :love7:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: skaaf weer aan hierdie een
« Reply #6 on: August 04, 2014, 01:40:48 PM »
Hier is dit nou weer:

Ingrid Jonker:


Jy wat die glasskerwe van weggooibottels
soos ‘n geheim
in die grond kon bêre ‒
dit kon inpapie met die roulint van blare

beenwit gewier,
‘n oopgedolwe kerker

jy wat in jou eie op en af
die skuimskot van branders
kon naderhark
in leed-uitbundige verse

doodstil gewieg
in die gladmaak van golwe

in die ruising van jou woorde
spoel daar steeds krappies uit
wat die wolke se fynskrif
op duine herhaal.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: skaaf weer aan hierdie een
« Reply #7 on: August 27, 2014, 10:09:48 AM »
Regtig hoendervleis mooi!     :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: skaaf weer aan hierdie een
« Reply #8 on: August 27, 2014, 04:34:24 PM »
Dankie PM. :-)