'n Groteske begrip,
so omvattend -- globaal!
Sommige verstaan dit nie,
die wêreld mors daarmee,
jy sal dit dáár nie vind.
Verdraai, verwrong,
'n sak-pas, wanneer die geleentheid kom.
Dit word goedkoop misbruik wederom.
Waar dan die taal van Liefde?
Menige het dit suksesvol ontdek,
Selfs wreed misgis,
met 'n duur lewensles, afgeëts.
Waar sal ons dit gaan haal?
Hierdie snaakse taal?
Wie sal ons leer,
van hierdie ongekende verhaal?
Niemand kan sonder dit bestaan.
Die natuur vertel ons so veel daarvan.
So talryk van mikroskopies klein,
tog indrukwekkend, imposant,
so ragfyn.
Dit is so mooi,
sag, vroulik, vol ervaring, emosie, in verhoudings.
Selfs met aandoening,
kom in reënboogkleur,
sonder verandering.
Dit gee lewe, gevoel, plesier,
Laat 'n ekstase, selfs verwondering,
word gevoed en vertroetel,
sal nooit vergaan.
Bring die jonkheid na vore,
laat bejaardheid,
in vertraagde jare besin.
Dit laat musiek-akkoorde,
in harmonie saamvloei.
Verhoudings weer opnuut in vooruitgang bloei!
Wie is die Outeur hiervan?
Met die Kruis gedefinieer,
om ons deur Sy voorbeeld te leer.
Onselfsugtig, Opofferend,
verpant!
Alles geskep,
in, een Groot Vaderhand!
Hierdie geborgenheid,
'n besitting, is Moontlik, selfs Vrygewig.
Verseker, 'n voorskrif en bloudruk,
Die Grootste van alles --
Liefde Onwankelbaar.