• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Soet Suur Hoenderstukke

Started by Trapsoetjie, February 08, 2012, 11:53:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Soet Suur Hoenderstukke

Bestanddele:

Hoender stukke (dye)
1 Koppie blatjang
1 Koppie mayonnaise
1 Koppie bruin uie sop (Meng met 1 koppie kook water)

Hoe nou gemaak?

Meng eers die bruin uie sop met die Koppie kook water, voeg dan al die ander bestanddele saam, behalwe die hoender.

Plaas die hoender in 'n oondbak en gooi die sous oor die hoender.

Bak vir 'n 1 uur.

Bedien met rys.

.........................................EN GENIET...................................................................

Die hoender is so 2 stukke per persoon. Mens kan tot 16 stukke in pak met die sous. Daar gaan net nie baie sous wees nie. So, as jy meer sous wil hê verdubbel die mengsel net.

Ek het dit nog nie met borsies gemaak nie, maar ek glo dit sal heerlik wees, veral as daar baie sous is.

:angel12:

PM

Dit klink smaaklik en maklik om te maak.  Dankie Trappies.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Nou verlang ek so terug na my kinderdae. My ma het gewoonlik Sondae hierdie hoender vir ons gemaak. Een van die min etes (dae) wat ons bedrywige huisgesin altyd saam geëet het. Lekker!

Meraai vannie Baai

My moederlief het dieselfde resep vir ons gemaak maar dan het sy soutskyfies (hoendergeur) fyngekrummel en bo oor gestrooi. Die sousie het dan so deurgekook. Mannemarak! Ons het skelm vingers afgelek  :icon_bigsmurf:

PM

Oor die 5000 kere gelees.  Ek wonder hoeveel lesers het die resep gemaak?  Andrew het nou die aand geskakel.  Dit gaan goed met hulle. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wonderlike nuus PM! Yep ek wonder hoeveel ouens het gemaak, wens hulle wil kom wys  :hello2:

PM

Ek het al baie gewonder of Afrikaners maar net lui van geaardheid is.  Jammer om dit so blatand te sê.  Mense stel net nie belang om 'n antwoord te gee nie.
Goeie genade, dit neem net 'n oomblik.
Ek daag almal wat hier lees om 'n antwoord te gee!
Om te weet is om te verstaan.