Die 80-jarige Italiaanse gholfspeler gaan vir sy mediese ondersoek. Die dokter
is verstom. "Wat doen jy om in so 'n puik kondisie te wees?"
"Ek speel gholf. Ek staan voor sonop, speel 18 putjies en drink twee glase
wyn."
"Interessant. Hoe oud was jou pa toe hy dood is?"
"Wie se my pa is dood?" Die dokter is verstom. "Jy is 80, en jou pa leef nog?!
Hoe oud is hy?"
"Hy is 100. Hy het vanoggend nog saam met my gespeel. Toe het hy op die
nudistestrand gaan stap en twee glase wyn gedrink. Hy is 'n Italianer en hy
speel gholf." "Wel," se die dokter, "en hoe oud was jou oupa toe hy dood is?"
"Wie sê my oupa is dood?"
"Wat!? En hoe oud is hy?"
"Hy is 118."
"Hy het seker ook vanoggend saam met julle gholf gespeel?"
"Nee, hy het dit nie vanoggend gemaak nie. Hy trou vandag."
Die dokter is teen hierdie tyd op die punt om van sy kop af te raak.
"Trou?Hoekom wil iemand wat 118 is trou?"
"Wie sê hy wou?