• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My Lewenskarros

Started by Naas, July 19, 2018, 11:41:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Tussen die blokkies van my lewenskaros
loop daar 'n vriendskapsgaring.
Geweef deur omgee en patos
in die hande van my harstmense.

Knus word ek omvou
en in prag en praal gedos,
omvou en warm gehou
tussen die blokkies van my lewenskaros

Deur die fasette van my wese
trek daar 'n goue draad.
Vasgevang in jare van vreug en vrese
loop daar 'n vriendskapsgaring.

Geometriese vorms in aardse kleure
gelaslappie tot knus verborgenheid
dra ek my lewenskaros
geweef deur omgee en patos

Liefde as die naalde
trek met deernis omgeegaring
deur die laslappies van my wese
met die hande van my vriendekring.

In die hande van my vriendekring,
geweef deur omgee en patos
loop daar 'n vriendskapsgaring
tussen die blokkies van my lewenskaros.

Truverse ©
Naas Breytenbach

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

WOW! Dit wil gedoen word. Ek is sprakeloos.  :book1: :bootyshake: :notworthy:

PM

Jy is baie goed met die truverse Naas.  Dankie vir die deel, ek geniet elke lyntjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is deesdae stom in die asemlose gesondheid van my vriende.
PH, beroerte, Noorderliggie se driebeen lewensresies.
Dan staan ek weer kop omlaag by hierdie skrywe van jare terug.
En ek kan maar net my oe opslaan na die berge en smeek vir genade.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Dit     is die lewe Naas maar ek kan jou een ding vertel - daardie vriendskapsgaring tussen die blokkies van jou lewenskaros hou my staande.

Naas

Die nar se snikkel Ta raaitjie...
Die nar se snikkel...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :crybaby2:  (((:icon_bigsmurf:))) Ek het wragtag vanaand nie woorde om te antwoord nie maar kan kuberdrukkies gee. My hart huil saam vir dit wat tussen ons lyne wegkruip agter dapper maskers en glimlaggies :icon_biggrin:.

PM

As dit nou nie vir die lees en weerlees was nie, sou ek nie hierdie pragwerk weer gelees het nie.  Die lewe fliet net by ons verby in ons haas om by die wenpaal te kom.  Plaas ons soos ou skilpad, langs die pad 'n blaaskans vat, ons sal tog daar kom.  Die gejaag maak ons net soveel armer.
Om te weet is om te verstaan.