Kan julle my asseblief gou help met die woorde "lettergrepe spel" (ek wonder of dit nie een woord moet wees nie) en dan die onderstreepte versreël se leestekens. Asseblief.
'n Italiaanse (11) lettergrepe spel.
Kom speel saam om die Terza Rima woordvuur
waar kettingrym suutjies oor en weer vry -
met Piet Magriet se riglynkruk aan die stuur
van 'n gedigvorm wat skrywers wil verlei;
so word hierdie liefdesverhaal oorvertel
vanuit die dertiende eeu en steeds beny
ons almal Dante se lettergrepe spel,
en verweef verse ragfyn in hul geheel
met rympatroon, slaafs gevolg as 'n bevel.
Dans versvoete in tersines en speel-speel
word die Terza rima nog 'n beiteltjie
waar ritme tussen die strofes, nooit verveel.
Soos Dante, groet ek met 'n enkel reëltjie!
© Meraai vannie baai