Author Topic: Kunsuitstalling  (Read 6822 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Kunsuitstalling
« on: October 07, 2013, 10:26:11 AM »
 :hello:

Ons hou Donderdag 'n kunsuitstalling in die Willem Annandale Gallery (in die Biblioteek). Dit sal so van 10:00 af geopen word en aanhou tot en met 8:30 die aand. Ons gaan ook verversings verskaf. As julle in Lichtenburg se omgewing is is julle baie welkom om te kom kyk of as julle van iemand weet wat saam met ons wil uitstal, is hulle ook baie welkom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Kunsuitstalling
« Reply #1 on: October 08, 2013, 03:57:04 PM »
Baie dankie vir die uitnodiging en die aanbod aan die ouens wat kan uitstal.  Ek glo dat dit 'n reuse sukses sal wees en sou nie omgegee het om in die omgewing te wees nie.  Ek wens julle alle sukses toe Fransi. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kunsuitstalling
« Reply #2 on: October 08, 2013, 06:45:33 PM »
Dankie PM. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Kunsuitstalling
« Reply #3 on: October 10, 2013, 07:41:34 PM »
Ek sou baie graag wou weet hoe julle dag verloop het.  Vertel tog asseblief.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kunsuitstalling
« Reply #4 on: October 11, 2013, 09:06:11 AM »
 :hello:

Dit was lekker, maar uitputtend. Ek was regtig aangenaam verras met hoeveel van die lede deelgeneem het, help sit het vir 'n paar uur en verversings gebring het.
Ons het niks verkoop nie, maar drie mense wil graag aansluit by die vereniging, so dit was beslis dan 'n sukses. Ons het ook idees uitgeruil vir volgende uitstallings, hoe om geld in te kry vir die gallery/museum en 'n plaaslike kunstenaar het gesĂȘ dat sy bereid is om volgende jaar op 'n stadium 'n werkswinkel aan te bied wat na groot pret klink.
Behalwe vir een skildery wat per ongeluk geval en seergekry het was die enigste drama my karsleutel wat soek was. Ek het dit in die harwar van alles regkry en verdeelde konsentrasie, toegesluit in die kattebak. Die lede was baie behulpsaam en een het selfs die aand vir my gebel om te hoor of ek reggekom het.

Dit was vir my 'n baie leersame dag gewees en ek hoop dat dit dalk die eerste stappie sal wees vir nuwe groei.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Kunsuitstalling
« Reply #5 on: October 11, 2013, 10:25:30 AM »
Hartlik gelul met die suksesvolle dag!   :love7:

Ag toggie tog, die sleutels!   :icon_biggrin:  Dit is beslis verdeelde aandag en dan nog die opgewondenheid daarby. 

Hou ons op hoogte van die werkswinkel en vertel tog van alles wat jy geleer het.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kunsuitstalling
« Reply #6 on: October 11, 2013, 11:54:12 AM »
Baie dankie.  :love7: