Author Topic: Dit is die maand Oktober....  (Read 7461 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Dit is die maand Oktober....
« on: October 09, 2013, 06:19:22 AM »
Ja, waarlik, die mooiste, mooiste maand.
Dit is ook Borskanker-maand.  Dra nie net pienk nie, maar ondersoek jou borste of laat dit deur jou dokter ondersoek. 
Gaan ook vir 'n Mammogram sodat vroegtydige veranderings, wat jou dokter nie kan 'voel' nie, opgespoor kan word. 
Borskanker kom nie net onder vroue voor nie, ook by mans.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Dit is die maand Oktober....
« Reply #1 on: October 09, 2013, 09:33:22 AM »
Voorwaar, alles is nuwe groen en die blomme blom asof dit hul laaste kans is!

Ek het 'n interessante stukkie raakgelees.  Hulle sê dat vrouens waarvan die eierstokke verwyder is, se kanse om borskanker te kry minder is.  
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Dit is die maand Oktober....
« Reply #2 on: October 09, 2013, 11:14:29 AM »
Van watter ouderdom af moet 'n mens begin om goed soos 'n Mammogram te kry?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Dit is die maand Oktober....
« Reply #3 on: October 09, 2013, 11:32:03 AM »
Hier is 'n skakel wat sê dat die gewensde ouderdom 40 is.  Dit word deur die borskankervereniging voorgestel.  Hoe vroër 'n mens dit kan vasstel hoe beter is jou kans op genesing. 

Ek persoonlik dink as mens borskanker in die familie het, kan 'n mens van 30 af begin met ondersoeke. 

http://www.ehow.com/way_5647915_age-start-having-mammograms.html
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dit is die maand Oktober....
« Reply #4 on: October 09, 2013, 05:57:59 PM »
Dankie, PM.
Fransi, jy se 'goed' soos Mammogram.  Wonder jy ook oor PAP-smere?
Nooit te vroeg of te laat nie.  Maak daardie afspraak en laat dit net doen.  As jy skaam is, gooi jou gesig toe.
En die mans moet ook hul prostaat laat ondersoek.  Dit is noodsaaklik.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Dit is die maand Oktober....
« Reply #5 on: October 09, 2013, 11:56:52 PM »
Dankie PM en Angelica.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Dit is die maand Oktober....
« Reply #6 on: October 10, 2013, 07:35:38 AM »
'n Mens behoort eintlik een keer per jaar, of dan ten minste elke twee jaar, te gaan vir 'n deeglike algemene ondersoek.  Ons is laks. 
Ek praat van hoorsê, as ek sê dat hulle deesdae net bloedtoetse doen in die plek van 'n papsmeer.  Ek is mos ou al vir "djarre" 'n sportsmodel.   :icon_biggrin: So ek weet nie wat is die regte prossedure nie. 

Wat my nog steeds dronkslaan is dat Hannes na die kolonkanker nie meer hoë bloeddruk het nie.  Is dit maar net nog 'n teken dat daar iets drasties fout is iewers?  Moet dokters nie liewers die oorsaak vind in stede daarvan om die simptome te behandel nie.
Om te weet is om te verstaan.