• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Afrika kind

Started by Naas, May 19, 2011, 09:17:29 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

My Afrika kind,
jou maag ballon voor jou uit.
Naeltjie wys vinger

Kind uit Afrika
weet hoe om honger te wees,
vir swaarkry ken jy.
Maar waar ek jou ook al sien
straal jou gesig vol tande.

Afrika se kind,
wat probeer jy vir my leer?
Wysvinger naeltjie...

Haiku, tanka, haiku


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

 :angel8:

Jou beeldspraak is pragtig.
elle

Naas

Weet jy wat is vir my pragtig? Die feit dat ek nog 'n maatjie gekry het hier op hierdie nuwe forum.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie Naas.  Het jy tyd om die haiku en tanka te bespreek?  Dit sal baie gaaf wees.

Een van die dae kuier ons saam.
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dis mooi. Ek sien die kind langs die pad, wat waai, met 'n bekkie vol tande.  :icon_biggrin:

:angel12:

Fransi

Pragtig! Vreugde en vriendelikheid selfs te midde van gebrek.

Meraai vannie Baai

Soos altyd:beeldende woorde wat mens bybly  :notworthy: