• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Waai wind

Started by Ans Botha, September 13, 2013, 06:42:10 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

waai wind
oor vlaktes, veld en berge
loei om skeure voue en mure
tel stof, tolbossie en blare op

waai wind
hardloop deur landerye en boorde
vorm warrelwinde op oop paaie
neem jou tregtervorm stof hoog bo die aarde

waai wind
maak jou draai oor damme en see
skep met lus tregters vol water
bring bymekaar in ope hemel

waai wind
vorm groot donderwolke
neem hul saam na dorstige lande
waar groot druppels op dorre velde kan val.

© ANS BOTHA

Fransi

Ek beaam beslis hierdie mooi woorde. Ons kon vandag die reën in die lug ruik, maar dit het nog nie kom val nie. Die arme dam lyk maar baie leeg, maar ek hoop en glo dat hierdie lente en somer nattigheid sal bring.

PM

Pragtig geskryf Ans. 
Nou kry ek skoon skaam omdat ek die yswind wat hierdie week gewaai het weggewens het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hou sommer baie hiervan.
elle