• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jy is

Started by Naas, May 15, 2011, 10:26:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Bloedrooi roos
met sy dorings en al
se skoonheid vervaag in jou menswees.

Waterstroom
se diepste kabbeling
murmer oor die stilte in my hart.

In fynbos
styg die aardse geure,
aromas van ons laaste saamwees.

Die landskap
in sy volle wydheid
omvou nie die skoonheid wat jy straal.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Pragtig Naas.  Hierdie struktuur werk uitstekend in Afrikaans nê?
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Watter struktuur was dit Antie PM?

:mumum:

PM

Oepsie, vra jy my nou, dit was 10 jaar gelede.  Dit klink egter vir my na 3,6,9.
Raaitjie, kom help asseblief.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oi die ouderdom. Ek het gaan grawe maar kon glad nie die struktuur tussen ons bewaarde strukture opspoor nie. Jou uiteensetting van 3,6,9 pas handskoenperfek PM.  :notworthy: :book1:

PM

Dit is so 'n mooi gediggie, ek lief dit.
Om te weet is om te verstaan.