• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Pantoen

Started by Meraai vannie Baai, June 20, 2011, 02:43:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die Pantoen met sy herhalende versreëls is een van die digter se instrumente om te skep met slegs ses oorspronklike reëls wat stelselmatig verdubbel tot twaalf reëls. Muller beskryf dit as die eb en vloei van gedagtes/gevoelens/emosies - ritmies oorgedra, amper soos 'n wiegende mantra in sy uiteensetting van hierdie gewilde digvorm.

Strofe 1
Reël 1
Reël 2
Reël 3
Reël 4

Strofe 2
Herhaal reël 2 (strofe 1)
Reël 5
Herhaal reël 4 (strofe 1)
Reël 6

Strofe 3
Herhaal tweede versreël van strofe 2 (reël 5)
Herhaal reël 3 (strofe 1)
Herhaal vierde versreël van strofe 2 (reël 6)
Herhaal reël 1 (die heel eerste versreël van die gedig)

RYM IS OPSIONEEL

Cul-de-sac

Is daar geen omdraai meer
wanneer krake oopbek gaap?
Die pad is baie lank ...
meesleurend die dood se klank

wanneer krake oopbek gaap;
die lewe is hard my maat!
Meesleurend die dood se klank,
verby die groot vurk

Die lewe is hard my maat
Die pad is baie lank;
verby die groot vurk
is daar geen omdraai meer!

© Meraai vannie baai


PM

Ek antwoord net vlugtig, manlief gaan nou-nou begin knor! 

Ek kan nie wag om hierdie struktuur te probeer nie.  Dankie vir die aandra en die mooi voorbeeld Raaitjie.   :love7:

Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Geleendetyd!

Sal sy by die graf stil staan?
Pyn skiet deur haar liggaam.
Breek 'n traan deur 'n wimper,
wanneer oë gly oor die hopie grond.

Pyn skiet deur haar liggaam,
onthou van dit wat lief was,
wanneer oë gly oor die hopie grond.
Met verlange ver vandaan.

Onthou van dit wat lief was,
breek 'n traan deur 'n wimper,
met verlange ver vandaan,
sal sy by die graf stil staan!

©  :angel12:

PM

Ril die rillings hier teen my ruggraat af!  Baie mooi Trappies!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Amen PM! Trappies dit is seermooi  :notworthy:  :icon_salut:

adele


'n Hoephoep huppel vol lewe rond
waar die duikkloppershand tastend stryk.
Hy pik na bessies en boomwortelsap
langs die opgefrommelde stuk metaal.

Waar die duikkloppershand tastend stryk-
haar oë het soos doudruppels geblink
langs die opgefrommelde stuk metaal.
'n Klingelklokkielied het sy gesing.

Haar oë het soos doudruppels geblink,
onbewus van die einde oor die bult.
'n Klingelklokkielied het sy gesing,
haar laaste noot was vals verwring.


:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Pragtig geskryf Annie, ek sien die verhaal voor my afspeel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit het sooooo vlot gevloei/lees dat ek nie eers agtergekom het dit is 'n 'stywe-struktuur' nie  :notworthy: :icon_salut: :book1: