• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gisters se nou.

Started by Naas, May 23, 2011, 09:41:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Naas

Ek tuur oor Bloubergstrand.
Branders golwe en see.
Deinstig skyn die heimwee
deur mistigheid.

Dof deur newels flikker
moederstad se liggies
soos karoogehuggies
se vetkerse

Verlang se skoene loop
met my die berge oor
om te verdwaal nog voor
ek koers kan kry.

Verdwaal in die onthou
van jare lank geleë.
Met kinderlike tree
Waggel ek voort

Waggel ek deur gange
deinstig in tyd verdof
Rakke onthou, vol stof
Raam die mure

Ek tuur oor Bloubergstrand
en ek leef die gisters
van gekoekte susters,
verlos in nou.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek hou van die titel.  Die inhoud slaat my oor die kop!  Ek hou van "verlang se skoene"  en "Karoogehuggies se vetkerse".
Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

Sjoe, mal oor jou metafore en vergelykings. Tweede laaste strofe veral wow!