• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gloeibal, Dwelmbal, Dooie Bal

Started by Jeannedarc, August 14, 2013, 12:43:48 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Oggendson glimmergloei
Kaatsend kaleidoskopies
Van bottelskerf en blik
Stom getuies van vergrype
Deur monsterwese mens

En knus neffens teerpad uitgestrek
Kaats glasskerf son se straal
Vanuit bossie en grasspriet
vlietend snel in fietsryersoog
En vasgeweef aan skerf 'n koeldrankstrooi

Liefderik teer streel en koester
Mensehand en vinger
'n kleine gloeibal, broos
Met vingers soos riete in die wind
Omskep koeldrankstrooi gloeibal tot dwelmbal

Crystalmeth Kristal
Klingel vlietend in gloeibal hiperbool
Om 'n oogwink later te verdween
Omskep tot gryswit waas
Gloeibal transformeer in dwelmbal

Angstig gretig gulsig omvou jou lippe
Bebarst, gekraak, bebloed daardie koeldrankstrooi
En met gesnakte asemteug
Vloei gryswit walmwaas
Wurgend deur bronchi en long

En as die walms dan
Besit neem van jou siel, verstand
Is die wêreld dan nou rosig pienk?
Of verander mens en dier
Tot verwronge drogbeeld skou?

Ek wonder of jy
Om jou walmsuig te onderhou
Jou medemens besitting steel
Ek wonder ook
Of jy sal moor daarvoor?

Is jou gloeibal
Jou dwelmbal
Jou dooie bal geword?

So vlietend as die glasskerf sonkaats
So blitsig snel my fietswiel weg
Het ek wel bespeur
Daardie glasskerf koeldrankstrooi?
Of was dit bloot 'n dwaalgedagte?

Dwaalgedagte?
Nooit nooit NEE
Eerder 'n miniskule flitsblik
In die tragiese verval
Van net nog 'n dwelmslaaf

PM

Hoe verlang ek nou om jou voor die mikrofoon te sien staan en te luister as jy hierdie gedig voorlees.  Ons moet weer so maak!
Om te weet is om te verstaan.