• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rooibruin Vos

Started by Ans Botha, October 21, 2013, 11:39:25 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

elke spier in jou liggaam saamgetrek
trillend onder jou rooibruin pels
blink jou oë in die oggendson
grinnik jy van opgewondenheid

'n klok gaan af
hekke val gelyk oop
jou styfgespande liggaam spring uit die hok
snel beweeg jy jou baan in

galloppende perdepote dra jou oor die baan
jou asemhaling versnel soos jou pas
op jou rooibruin pels begin sweetdruppels blink
jou spiere tril soos jou liggaam versnel

jy bondel in die middel van 'n groep
met drif beur jy jou pad oop vorentoe
voor jou weet jy lê die eindstreep
daar wag 'n beloning vir jou

jou treë rek beweeg snel vorentoe
'n karwats houtjie laat jou vinniger hardloop
dan word die toom styfgetrek
jy gaan oor na gallop

jou rooibruin pels blink in die son
sweet loop van jou nek af
trots hou jou eienaar sy klein handjie uit na jou
dankbaar eis sy rooibruin Vos sy beloning op


PM

Ek sien die prentjies wat jy so duidelik skilder met jou woorde.  Pragtig geskryf Ans. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie PM as 'n mens 'n liefde het vir iets dan kom dit mos maar vanself.

adele

jy kan beweging en 'n beeld so mooi beskryf.

:grommit: 
adéle  :grommit:

Ans Botha

Dankie ek waardeer julle kommentaar.