• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Toe Skurwekop ons omdop!

Started by Trapsoetjie, June 20, 2011, 01:17:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Toe Skurwekop ons omdop

Verwoeste winde wat deur my liggaam waai.
Gesigte van vergete wat om berge kraai.
Lig ons op in die wete dat vriende byderhand is.

Staande loop water vloede deur die draai,
op soek om verwoesting te saai.
Duursaam bly ons in die verwoede wind.

Stygend, hygend borrel die stroom nader en nader.
Wagtend vir die noodkreed wat vergader
by wakende vlamme.

Laggend, word díe dag gebreek
en môre se beplanning bespreek,
vroeg oggend word daar ingekruip.

So het ons dag tot 'n stilstand gekom,
met winde wat skreeu in my oor drom.
Het dit ons verstom!

Saam staan is iets wat nie gekoop word nie!
Ware vriende word nie sommer net gebore nie!
Dis met dankbaarheid ~ Dankie

©
 :angel12: