`n Skouspel deur wasige vensterglas
waar nostalgie naby lê
verskans met landskap taal kultuur 
jou foto vergesig
laat liefdesbande leemtes 
met mooi herinneringe opsoek
soveel weergalose panoramas
laat nou dansende marionette doelloos
in die nanag rondhang
kosbare ure wil wegdros
in heimweë van ruimtes
deur wêrelde verlang
dit laat sonstrale wegsink
in alleenheid verdoof
die geurigheid van kosbare teedrinktye
met onthoustories beloon
hoor jy die voetstappe in ons spore saamklink
waar ons lande saam kon verken
en begroot
sien jy die kwynende wisselkoers
ons kanse verberg
tog kom hoop     verlange vul
wêrelde     nie liefde verkul
net moontlikhede
met komposhoop blom
die voorreg van saamwees
jou stem  in waardering 
maar net     in `n enkele gedig refrein
kom my wasige venster     blinkgepoets
met liefde     omgee     tevrede
deur tegnologie      vergoed