• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Woorde

Started by Jeannedarc, June 01, 2011, 03:11:21 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Jeannedarc

Woorde, fluisterend; uitgebasuin
Magtig soos 'die swaard
Kragtig; 'n megaton bom

Woorde, geklee in simpatie
Skerper as die skerpste kris
Swiepend soos die dunste rapier

Woorde, toegedraai in vriendskapskleed
Ploffend soos handgranate
Ruk die siel aan flarde

Woorde, verskans in 'n claymore
Striemende missiele, kletterend
Van die woordeboek geweer

Woorde, versier met die heuning van liefde
Afgevuur, gelanseer
Tref sekuur, telkemaal 'n kolskoot

Woorde,  fluisterend; uitgebasuin
Skepper van slagting sonder bloed
Van dood sonder lyke

Trapsoetjie

Dis regtig mooi, ek hou hier van. Dan nog so waar ook!

:angel12:

PM

Woorde,  skel en fel!  Wow,  jy het goed oorlog gevoer hier met die gedig Natalie.  Dit is baie goed geskryf.
Om te weet is om te verstaan.