• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius Buys - Leemtes

Started by Marius, June 10, 2013, 04:18:41 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Leemtes

Onthou, soos 'n ledemaat vermis,
van wat was, kon wees, is.
Stilte, waar voorheen lewe was,
'n leemte in 'n jas.
Selfoon-nommer nou na nĂªrens heen,
verklaar as: party nie-beskikbaar; geen.
Geskenke verewig klaar gegee,
kersfees-kaartjie adres nou errata; uitgevee.
Raad en staaltjies klaar vertel en oorgelewer,
oorgeplaas na my as nuut-uitgewer.
Oral Memento's Mamma, van jou bestaan,
wat mettertyd ook tot niet sal gaan,
maar jou gees en gene bly in my dwaal,
in ons nageslag sonder faal.

Helena Catharina Buys
(1942 - 2012)