Vader
Jou skouers wyd
Soos stoetbul afrikaner skof
Jou rug so breed gespierd
Soos vosperd arabier
Jou hande grof ge-eelt
En tog is jou vat sag soos fluweel
Jou oë ge-fokus turend
Soos visarend skerp
Jou humeur o so verdraagsaam geduldig
So eie soos vader tyd
Jy’s my vader my pappie
Wat my kleintyd in vorse arms koester
Jy’t my leer tolgooi
En jou gooi is soos geen ander man kan
Jy’t my geleer van goed en kwaad
En van die skadukolle in die lewe
Jy’t my geleer van Liewe Jesus
En Sy anker in my lewe
In al my lewensjaar
Was daar nooit ‘n keer
Wat jy nie daar was
As ek jou nodig had
Al was dit net
Met ‘n tiekie se raad
Of lewenswysheid ‘n mudsak vol
Jy’s die beste pappie
Wat enige kind kon vra
Jy’s die pappie
Wat elke dogter sal wil hê
En jy’s my pappie
Vir altyd en altyd
© Jeanne D’Arc
Ek het hierdie geskryf vir my Pa toe ons 'n bietjie nie met mekaar gepraat het nie. Ek en my Pa het intussen ook vrede gemaak en ons praat met mekaar. Ek het hierdie met vadersdag op facebook geplaas - nie net vir my Pa nie maar ook vir al die ander pa's daar buite.