• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vader

Started by Jeannedarc, June 20, 2013, 10:45:46 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Vader

Jou skouers wyd
Soos stoetbul afrikaner skof
Jou rug so breed gespierd
Soos vosperd arabier
Jou hande grof ge-eelt
En tog is jou vat sag soos fluweel
Jou oë ge-fokus turend
Soos visarend skerp
Jou humeur o so verdraagsaam geduldig
So eie soos vader tyd

Jy's my vader my pappie
Wat my kleintyd in vorse arms koester
Jy't my leer tolgooi
En jou gooi is soos geen ander man kan
Jy't my geleer van goed en kwaad
En van die skadukolle in die lewe
Jy't my geleer van Liewe Jesus
En Sy anker in my lewe

In al my lewensjaar
Was daar nooit 'n keer
Wat jy nie daar was
As ek jou nodig had
Al was dit net
Met 'n tiekie se raad
Of lewenswysheid 'n mudsak vol

Jy's die beste pappie
Wat enige kind kon vra
Jy's die pappie
Wat elke dogter sal wil hê
En jy's my pappie
Vir altyd en altyd

© Jeanne D'Arc

Ek het hierdie geskryf vir my Pa toe ons 'n bietjie nie met mekaar gepraat het nie. Ek en my Pa het intussen ook vrede gemaak en ons praat met mekaar. Ek het hierdie met vadersdag op facebook geplaas - nie net vir my Pa nie maar ook vir al die ander pa's daar buite.




PM

Pragtig Natalie.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi