• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius Buys - Boksburg se vlooimark

Started by Marius, June 10, 2013, 04:11:09 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Boksburg se vlooimark

Propvol show op die Sondag,
die ganse Oos Rand is hier,
nes 'n Uderzo-agterblad
waar die hele village feesvier.

Kakofonix die DJ
dreun sokkiejol uit,
Onhigehenix se slap tjips
help die honger te stuit.

Obelixe sien jy oral,
hul Panacea op tou.
Elke botpot met sy deksel
van rabbedoe tot trofee en houvrou.

By die kroeg swoeg Alkoholix
die myn se manne is dors,
hul loer-loer na fraai Vitalstatisix
maar haar sjoebroekie maak die ou vroue nors!

Ma kom kry haar makeup koopfix,
Tenvolleoutomatix demo vir pa die garagedeur se  hek
en buite brul 'n leerbaadjie Brutus
met sy 1000cc Kawa se bek.

Hul kom kyk 'n fop Elvis
en koop kroek-dvd's,
nes daai klomp Asterix rebelle,
wat ook maak soos hul please!