Author Topic: Bundel insetsels Marius Buys - Stilte  (Read 1341 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel insetsels Marius Buys - Stilte
« on: June 10, 2013, 03:04:54 PM »
Stilte

Laataand jazz
filter deur die ruis van reën
en straatligte skakeer vertrekke
in donker art nouveau kubisse.
My hart pols rustig-ritmies
in tandem met die pendel-suis
van asem, longe toe en terug.
Veraf
vrablaf 'n hond in langafstand geselskap
en my bed kreun as ek van sy verwissel.
Gate in geute allouette-minjouette
in kontradruppel,
‘n kasplank knet
as die nag se koue dit laat krimp.
Aan die verkant van die muur
glim die uurhand twee
en krits krieke monotoon stakkato.
Die hoofweg sug 'n laatnag drywer verby
en die bure-swembad basdrom sag en ritmies.
My honde lê slap Dali's op die bank en droomblaf
en volmaan sypel deur gaatjies die kantgordyne in,
vloei rustig van kamer na kamer,
verdring die dag se gejaag:
'n sterwende rivier se delta,
'n mistieke maanlig-mis.
Alleenloop het sy voordele
as jy die enorme stilte
kan waardeer.
Oor vier ure fel die Son sy strale,
maar tot dan -
maan,
en stase.