• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Roep van die Hadida

Started by Ans Botha, June 13, 2013, 05:38:26 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

hoog bo die aarde
blink jou wyd uitgestrekte vlerke
sweef jy soos 'n sierraad
in die lug

vinnig pyl jy reguit af
op blaffende hond hier onder
betyds lig jy jou volmaakte liggaam
om weer hoog bo die aarde te gaan spog

bollemakiesie klap 'n vlerk
duik weer af swiep weer die hoogte in
net om daar bo ons te sweef
in die baan van 'n lugstroom

vermakerig kom jy stadig af aarde toe
gaan sit op kragpaal
kyk ons vermakerig vierkantig in die oë
klap jou blink bruin vlerke in 'n swier

jou bek gaan oop soos 'n glimlag
maar die stilte is ondraaglik spannend
almal wag vir jou volgende beweging
maar jy sit stil jou bewonderaars en tart

liggies kom jou volmaakte liggaam in beweging
jou vlerkspane maak wyd oop
terwyl jou liggaam lig van die lamppaal
kom die roep van die Hadida

Angelica

So lekker om van die Hadida te lees.
Ek lief hulle. Skrik vir niemand en niks.
Regtig baie mooi.
elle

Ans Botha

Dankie Angelica. Ai ja dit is 'n mooi voël, hulle is vollop hier by ons, ek kan my verkyk aan hulle.

PM

Dankie vir die deel Ans.  Hulle eet ook slakke en soos julle weet is ek en tuinmaak dik vriende. Dus offer ek maar 'n paar erdwurms op vir die "tuindienste". 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie PM. Ja dit is waar. Ek gee glad nie om as daardie voël in my tuin is nie. Dit is 'n pragtige voël en daai roep van hom, Ai dit bly maar net mooi