• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

spieëltjie

Started by Jeannedarc, June 10, 2013, 04:08:45 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Spieëltjie, spieëltjie aan my wand
Is ek nog die mooiste
Is my lippies nog die rooiste
Kersies pruilend sappig sag

Skaaltjie, skaaltjie op my vloer
Sê tog as ek toe-oog loer
Het ek steeds my cokebottel-lyf
Met perdeby-middel  fiets en dun

Meisie, vroutjie voor my oog
Jy't nog steeds 'n plooi
Neffens die moesie
Aan die kant van jou wang

Al is daar 'n plooi
Maak dit nie minder mooi
En lippies rooi
Maak nie binne mooi

ek kan ook nie se
of 'n kilogram of twee
jou cokebottel-lyf
en perdeby-middel verbloem

Ek, jou spieëltjie, jou skaaltjie
Kan nie leuens en sprokies sê
Ek is bloot maar net die lens
Wat die innerlike jy terugkaats

Wat jy in en op my sien
Is slegs maar 'n spieëlbeeld
Van die skoonheid, sprankel
Stralend uit jou siel

PM

Pragtig Natalie, ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

baie dankie PM, ek waardeer sommer tonne.