Julle, ek wens julle kan dit sien!!!!! Ons het gister die eerste proewe gedoen met een van die gedigstrukture. Dit is fantabbilooslik mooi! Ek is soooo opgewonde!
A 4 grootte ('n folio) op sy sy, noem ons mos "Landscape".
'n Foto van 'n sonsondergang, dof en dit lyk soos 'n waterverf skildery, met die woorde in roesbruin daaroor geskryf.
Gee kans, ek sal probeer om 'n foto te neem en dit op te sit sodat julle kan sien hoe dit lyk.
Die boek sal in volkleur wees en elke skrywer wat deelneem kan sy eie kunswerk kies vir die agtergrond.
Ek is besig om te onderhandel vir die beste prys en sal dit deurgee sodra ek die finale woord gekry het. Die ouens wat dit self op pdf kan plaas of iemand anders het wat kan help, kan dit natuurlik self doen.