• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koos Lingeveldt

Started by Angelica, May 23, 2013, 06:06:37 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Koos Lingeveldt*

Slaptjips en Coke
behaaglik suig hy,
olie van vuil vingers
soos suigstokkies
tussen gebreekte tande.
Plat op die randsteen
met 'n teerblad as tafeldoek,
                                   die haute cuisine
van Koos, Koos Lingeveldt.
Op drie dae se leegte
pak hy dit in
en breek winde
van diep uit sy maag.

Die honger
van netnou vergete
in die plooie van sy lag.
Vergete ook die pyne
van Koos Lingeveldt vandag.
Maar as die son oor karton kombers
om sy dun lyf kom hang
en die tjips papier sy laaste zol omvou
spat die lewe weer aan skerwe
soos 'n bottel
teen die muur
en terug is die pyn
in Koos Lingevledt se dag.

©Cornelis

*Die naam het geen betrekking op enige persoon nie.
elle

Fransi

Werklik besonders en aangrypend geskryf.

adele

Quote from: Angelica on May 23, 2013, 06:06:37 AM
Koos Lingeveldt*

Slaptjips en Coke;     dalk afsluit met 'n ; ?
behaaglik suig hy
olie van sy vuil vingers
soos suigstokkies
tussen gebreekte tande.
Plat op die randsteen
met 'n teerblad as tafeldoek,
                die haute cuisine
van Koos ... Koos Lingeveldt.          ... ?

Op drie dae se leegte
pak hy dit in
en breek winde
van diep uit sy maag.
Die honger
van netnou is vergete
in die plooie van sy lag;         ; ? dan volg 'n kleinletter?
vergete ook die pyne
van Koos Lingeveldt vandag.

Maar as die son oor kartonkombers    een woord?
om sy dun lyf kom hang
en die tjipspapier sy laaste zol omvou,     een woord?   komma?
spat die lewe weer aan skerwe
soos 'n bottel
teen die muur
en terug is die pyn
in Koos Lingeveldt se dag.    net 'n vingerfout

©Cornelis

*Die naam het geen betrekking op enige persoon nie.

ek het die paragrawe verander soos dit vir my bymekaar wil pas ... MAAR, soos altyd, is dit vir die digter se eie keuse.

:grommit:  
adéle  :grommit:

PM

Dit is 'n baie oulike gedig en ek hou van die vergelykings wat jy gebruik het Cornelis. 
Ek het 'n paar woorde omgeruil en die titel verander. Wat dink julle?

Slaptjips en Coke

Deur gebreekte tande
suig hy behaaglig,
soos aan suigstokkies,
die olie van sy vuil vingers af.
Plat op die randsteen
met 'n teerblad as tafeldoek,
die haute cuisine
van Koos     Koos Lingeveldt.

Op drie dae se leegte
pak hy dit in
en breek winde
van diep uit sy maag.
Die honger
van netnou is vergete
in die plooie van sy lag;         
vergete ook die pyne
van Koos Lingeveldt vandag.

As die son oor kartonkombers   
om sy dun lyf kom hang
en die tjipspapier sy laaste zol omvou,     
spat die lewe weer aan skerwe
soos 'n bottel
teen die muur
en terug is die pyn
in Koos Lingeveldt se dag.   

©Cornelis
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Ek hou regtig baie daarvan PM.

PM

Dankie vir jou inset Fransi.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Cornelis

Hi, Hierdie gedig kom uit my self-gepubliseerde bundel "Libithanos" so ongelukkig moet die naam so bly.

PM

Ek kom nou net hier aan en is heerlik verras om jou hier raak te lees.  Baie welkom.  Is goed so, ek behou die titel. 
Om te weet is om te verstaan.