Author Topic: Jou eie geboorte  (Read 1378 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10717
  • Gender: Female
Jou eie geboorte
« on: May 15, 2013, 03:23:42 PM »
Jou eie geboorte

jou dragtige oë
swanger met emosie
deurklief my empatiese ruimte
om aldaar ‘n verlossingsmoment te ontdek
ek ontwaar die katarsisdiffirensieël
tussen my en jou
en wink sag die woorde deur begrypende instink
uit jou gepredisponeerde siel se uterus
wyl geboortepyne hortend oor klippe strompel
op soek na n bevrydingsmoment
sodat jy die verminkte siel kan baar
in die hoor-aanskouing van jou woordverlossing
het jou geheime van smart ontsnap
in tandem met helende reën
wat eers huiwerig en toe adanties
in onbeheersde vloed
jou diepe geheim oopspoel
waar jy swaar geboorte skenk
aan heling
en trane en woorde
jou siel stadigaan wederbaar

© Cornelis 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Jou eie geboorte
« Reply #1 on: May 15, 2013, 07:52:38 PM »
 :headbang:
« Last Edit: May 16, 2013, 03:34:25 AM by Angelica »
elle