Author Topic: Jou spoor  (Read 2366 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10717
  • Gender: Female
Jou spoor
« on: May 15, 2013, 03:19:19 PM »
Jou spoor
 
Die klam blou stilte in die somerson se lyf
ontplooi rustig op die melodie van die groeiende dag
wyl rimpels van die uur se klawers
al wyer oor die verste newels kring
 
hier     waar langsaam die tyd verrys
as ballade van sekere verganklikheid
ontmoet stilte
en groeiende verlange
totdat die hol drumpel van my dors
jou voetsool roep
wat fluweel en hout versoen
tot lewe     soos die lig 

© Cornelis 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Jou spoor
« Reply #1 on: May 15, 2013, 08:03:45 PM »
...'die hol drumpel van my dors
jou voetsool roep'

Pragtig.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Jou spoor
« Reply #2 on: May 17, 2013, 03:37:49 AM »
 :toothy4: ek wou die selfde reeltjie aanhaal en se wow - maar Angelica het my voorgespring  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Jou spoor
« Reply #3 on: May 17, 2013, 08:46:44 AM »
"Die klam blou stilte in die somerson se lyf" Lief die personifikasie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10717
  • Gender: Female
Re: Jou spoor
« Reply #4 on: June 26, 2013, 09:31:02 AM »
Baie mooi! 
Om te weet is om te verstaan.