• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die boemelaar

Started by Angelica, May 22, 2013, 08:34:05 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Die boemelaar
Sy strompelgang loop voor
en die walm agterna,
van bloutrein en vis en sweet.
Sy knieë en tone loer na mekaar
deur armoede se vensters heen.
Die half jack sien jy
deur sy gatsak se smile
en Pick n Pay se suitcase
dra alles wat hy het.
Hy strompel van bloutrein
en herinneringe aan haar.

©Cornelis
elle

PM

Dit is goed geskryf.  Dit is so komies, maar ook so hartseer. 
Dankie vir die plasing Elle. 
Om te weet is om te verstaan.

Rainier

Dis baie goed geskryf , ek kan hom amper voor my sien!

PM

Ek lief ook die "fish 'n chips" een.  Ons het pragtige skrywers.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ja, ek kry hulle so jammer, maar het gou geleer om hulle op 'n afstand te hou anders klou hulle soos magenete. Aan elkeen van hulle is daar 'n storie aan verbonde. Wat my net onlangs geskok het, is toe ek my vasgeloop het in 'n boemelaar wat ek skat so 21 nie ouer as 22 moet wees nie. Besef hy hoeveel verlore jare vir hom wag nie?
Mooi geskryf ek hou hiervan. Hartseer, maar die waarheid in ons samelewing.

PM

Dit is skrikwekkend om te sien hoeveel mense in die strate loop en bedel. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek is mal oor Cornelis se werk.  Jammer hy is oorlede.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.