• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die heerlike poeding

Started by Terry, July 30, 2013, 12:25:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Bestanddele:

1 Koppie meelblom
1 Koppie melk
1 Koppie suiker
1 1/2 Eetlepel asyn
1 Eetlepel appelkooskonfyt
1 Teelepel bakpoeier
1 Teelepel koeksoda
1 Eier
Sout

Sous:
1 Koppie suiker
1 Koppie melk
1/2 Koppie kookwater
125gr Botter
1 Teelepel vanieljegeursel

Klits eier en suiker saam
Voeg alle ander bestanddele by, behalwe melk
Meng alles goed en voeg dan melk by
Bak 1uur teen 180grade
Meng en kook sous.  Giet kokende sous oor poeding wanneer uit oond kom.

Bedien op met roomys of vla.

PM

Baie dankie Terry, nou gaan ek hierdie poeding maak vir vanaand. 

Ek het jare laas 'n gebakte poeding gemaak.  Lui by die bak, maar eerste by die pot!

Om te weet is om te verstaan.

adele

my pa het so baie van hierdie poedingdeeg gehou dat hy my ma eendag 'n hele mengsel laat maak het en dit toe in die yskas gebere het en elke dag, 'n week lank, lepelsvol daarvan gaan eet het.
ek dood weer oor die sous vir ander gebakte poedings met ideal melk ... daardie warm mengsel met die ideal melk, suiker en botter is amper lekkerder as kondensmelk met suurlemoensap gemeng.

:grommit: 

adéle  :grommit:

Angelica

Oeeee...
Ek se niks verder nie.
elle

Terry

Hier is 'n foto van PM wat self hierdie nagereg gemaak het.  Lyk heerlik!  Oom Hannes kon natuurlik nie ophou spog dat hy so bederf word nie.

PM

Sou dalk mooier gelyk het met 'n bietjie vla oor, maar dit is heerlik en die moeite werd om te probeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek hou van gebakte poeding, veral gemmer, met sous en roomys...

Kyk na hierdie wenner by Amarula

http://freshlyblogged.co.za/recipe/pear-crumble-with-dark-chocolate-and-amarula-custard/

Sommer lekker baie, 500ml, likeur in hierdie poeding.  Sal mos heel naweek tandpyn he.
elle

PM

As dit nou net nie vir my seer knie was nie!   :icon_biggrin:
Sê net vanoggend vir Hannes, as ek meer aktief was kon ek baie meer eet.  Ek sou heeldag gedraf het, so elke kilometer 'n draai by die yskas gemaak het.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.