O weeeeeee
Naas gelukkig het jou ma en pa saam toesig oor jou gekry en was daar nie hofsake nie.
Gatiep en Meraai sit in die skeihof. Die regter moet besluit wie toesig van die minderjarige kind moet kry. Die regter vra vir Meraai: "Meraai, gee vir my jou redes hoekom jy toesig moet kry?"
Meraai antwoord: "Djou honor, ek net nege maande aan die kind gedra en deur al die labourpains gegaan met die geboorte. Dit gee my die reg om toesig te kry." Die regter draai na Gatiep en vra: "Gatiep, sê vir my, gee my jou redes hoekom jy toesig moet kry?"
Gatiep antwoord: "Djou honor, as ek 'n R5,00 coin in 'n Coke masjien gooi en hy gooi 'n blikkie coke onder uit, is daai blikke myne of die masjien s'n??"
Nog enetjie (nou nie eintlik met geboortes te doen maar as ons gebore is gaan ons mos tog in alle gevalle iewers langs die lewenspad onse laaste asempies uitblaas:
Meraai sê vir Gatiep: "Djy moenie dink djy sal by die hemel se hek kan ingaan as djou asem so na drank stink nie!"
Gatiep: Dja Meraai, djy hou djou baaaie slim né. Maar daar is 'n technical point van hemel toe gaan wat djy nie van weetie. My asem ganie saamie, ek blaas hom mos hier uit!"