Het jy oorbodige items in jou kas?
Myne... seker al daardie truie en warm goed bo in die kas wat ek nie dra nie. En kom die winter, het ek NIKS om aan te trek wat warm is.
As ek net 'n lang swart jas kan kry wat my (lengte'tjie) pas, sal ek die gelukkigste girl op die aarde wees.
Maar nou sukkel ek met 'n lengte wat net soveel as die breedte is. En die ontwerpers van klere dink as jy groter om die lyf is, word jou arms en bene langer. Terwyl dit eintlik andersom is. Jy is dikker, want jy is korter!!! Hallooooooooooo... hoor julle ons? Nee, hulle hoor nie.
En ek soek SWART, nie bottergeel of bottelblou of bloedrooi. Want dit kan jy vandag aantrek en more nie. Dan sit jy weer met die probleem van NIKS OM AAN TE TREK.
As ek net 'n lang swart jas kan kry wat nie dubbele voue op die vloer le as dit oor my skouers pas..