• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

You are beautiful

Started by PM, May 16, 2013, 05:51:39 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

You are beautiful

Bursts of rapid protruding light
Like machine gun tracers in the night
Fly in tandem with the sparks from the fire in the dark
Heat embraces my cold hands
Stretched out to you behind the shadow
Of the inhibiting circle of the night
I see the flames dancing on your pale white skin
And my coldness dissipates
In the beauty that you are

© Cornelis 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Aarde, soveel passie!
Baie mooi.
elle

PM

Els, ek het vergeet om jou te antwoord op die vorige erf, oor hoofletters.
Die slim mense sê as jy vol sinne gebruik in jou gedig, dan begin jou versreël met 'n hoofletter en dit  eindig met 'n punt, uitroepteken of vraagteken. 
Indien jy nie van leestekens gebruik maak nie is daar geen leestekens in jou versreëls nie, ook nie hoofletters nie.  Dit is hoekom ek mal is oor die wit spasies.  Ongelukkig is dit ook so dat bronne verskil, veral by mense wat sweer dat skrywers nie aan reëls onderwerp word nie.  Skrywersvryheid. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

hierdie is baie mooi.

oor hoofletters: wanneer ons op Word tik, gooi die program elke nuwe reel met 'n hoofletter tensy ons dit verstel. digtersvryheid kom wel ter sprake wanneer die skrywer dit so wil, maar dan het dit gewoonlik 'n rede. ons maak gewoonlik seker dat ons eie werke sonder hoofletters is voor ons dit knip, spoeg en plak.

maar dis nog elke skrywer se eie besluit.

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

elle

PM

Natuurlik stem ou groot bek nie saam nie.  Taalgebruik kom eerste.  Hoofletters en leestekens moet reg gebruik word, daar is nie digtersvryheid ter sprake nie.  Skuus, maar dit is hoe ek geleer het. 

As die skrywers weet hoeveel tyd ek spandeer aan daardie liewe hoofletters wat deur jou sleutelbord outomaties toegepas word, aan al die leestekens wat ek moet invoeg, titels bo aan die gedig, (bokant die gedig waar ek dit kan raap en plak) asook die kopieregtekens met hul name onder aan die gedig, sal hulle hul hande saamslaan. 

Om te weet is om te verstaan.

adele

  :toothy4:  maar dis mos jou vryheidsreg, vriendin, om so te voel   :icon_biggrin: 

skuus vir al die gesokkel met ons goed   :love7:  maar ons lief jou nog baie
dit voel vir my of ek 'n sekere stempel op my eie goed afdruk wanneer ek net kleinletters gebruik, maar soms, wanneer ek sekere idees griffel, gebruik ek hoofletters en leestekens omdat ek voel dit moet so wees.

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

My vryheidsreg!  Whaaaa!    :sign10:   
Ek het regtig nie 'n probleem nie lief vriendin.  Ek self is baie lief vir net kleinlettertjies sonder leestekens en dan is daar ook van my griffeltjies wat streng leesteken-oorheers is.  Laat ek vir jou sê waar my groot probleem lê:  Ek wil nie 'n boek uitgee en hê mense moet ons afkraak omdat ons onkundig is nie.  Nie een van ons wil deelneem aan 'n boek wat vol vuiltaal, pornografie, Godslastering of politiek is nie, maar vir my sal dit net so erg wees as daar veelvuldige spel-, taal- en tikfoute is.  Ons moet almal saamstaan om foute uit te skakel.  Ons wil 'n boek uitgee waarop ons trots kan wees.  Ek ervaar nou nog die holkol op my maag met die paar foutjies wat in boek 1 deurgeglip het.  Dat daar foute gaan wees is 'n gegewe, maar asseblieftog, kom ons hou dit so min as moontlik. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

    :toothy4:    :toothy4:     :toothy4:      :toothy4:   sal saamwerk aan daardie foute   :love7: 

:grommit: 
adéle  :grommit: