• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die tyd stap aan

Started by PM, May 14, 2013, 04:11:56 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Die tyd stap aan
 
ek wandel in die lig se skadu
as al  om my die skemer hang
ek sien...
die toegedraaide  lig
ek kyk na die beelde
wat almal na my loer     
maar dan
skielik
skielik is daar niks
                       niks
net die leegtes wat
soos mense lyk

© Cornelis 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Ek is mal oor die wit spasies. Treffend geskryf.

PM

Hierdie wit spasies is soos wat Cornelis dit toegepas het.  Ek weet nie of hy dit besef nie, maar dit is hoe dit is. 
Dankie dat jy kom loer het matertjie, ek waardeer dit opreg. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

#3
Hou ook baie hiervan.
Baie mooi, Cornelis.

maar dan skielik
skielik
is daan niks
niks
net die leegtes.....  (dalk?)
elle

PM

Dankie vir jou inset Elle.  Kom ons hoor wat sê die ander. 

Ek het intussen hierdie veranderings gedoen.  Kyk wat dink julle daarvan. 

Die tyd stap aan
 
ek wandel in die lig se skadu
as al om my     skemer hang
ek sien...
die toegedraaide  lig
ek kyk na  beelde
wat almal na my loer     
maar dan
skielik
skielik is daar niks
                       niks
net die leegtes wat
soos mense lyk

© Cornelis 
Om te weet is om te verstaan.