• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Laaste plasing vir Boek 2...

Started by Angelica, May 01, 2013, 07:00:40 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Tiemietakkie Romanse

Ek voel witpens-na-bo-vis
in 'n besoedelde gemoedsrivier
maar jy spoel my af met sjarme
blaas lewe in my dooie bestaan
by News Cafè
waar jy my sitmaak
en bestel rugspek en sunny side up
ons eet fried tomatoes met tiemietakkies
wat jy in my mond sit
jou vingers rus sag
op die klam van my tong
ons knieë raak   maak lank vergete emosies los
ek veg    ek huil   
ek probeer my dooie varkies op hok hou
maar hulle bars uit en spat in rigtings
     die ou ek sterf
jy soen my cupido, raak aan my wang
tussen slukke koffie
my geel gespinde jas val soos vodde
stukkie vir stukkie en drapeer stralend
om my voete
ons gaan haal vir ons drome
van agter die twaalf apostels
en gooi dit voor ons voete oop
jy pluk 'n geel gerf aan die rand
van die koringland
en druk 'n rooi papawer in my hare
ek trek my bont rok aan
op die mat van Namakwaland

in ons droomlose agters
is geen spasie meer vir nagmerries
ek vee die spore weg by my agterdeur
en gooi my voordeur oop
vir lèèf
saam met jou.

©Elsabé






elle

Fransi


PM

Pragtig pragtig.  Ek lief dit Els.  Dit gaan nou dadelik boek toe.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle